Het jy geweet? Jy kan jou mandjie vol items laai en elkeen na 'n afsonderlike adres stuur - oor die hele wêreld! Klik hier.

 

Die Afrikaanse Nuusagentskap bring vir jou die beste in Afrikaans met woord en klank, wêreldwyd. Kry hier Afrikaanse boeke wat in geen ander boekwinkel te vinde is nie. Ons mede-werkers en aandeelhouers is bekende radiopersoonlikhede en joernaliste wat sal verseker dat alles wat aangebied word van hoogstaande kwaliteit sal wees.

Wil jy graag groetekaartjies of blomme aan 'n geliefde in 'n ander land stuur? Dan is jy op die regte plek. Ons stuur hoë kwaliteit kaartjies met jou eie boodskap, fisies, wêreldwyd. Die feestyd nader nou vinnig. Kies en stuur 'n kerskaartjie vandag aan jou geliefdes wêreldwyd.

________________________________

 

Radio Pretoria se Vasbyt Tydskrif
Winter 2010
R19.99

Die winteruitgawe van Vasbyt Tydskrif is nou beskikbaar. Lees hoe die Boere leiding neem,
hoe daar planne gemaak word met teerpaaie
– en werklikwaar, ‘n byna 100 jaar oue
werkende yskas!

Lees van droomkinders in die Moot, kyk na
die pragfoto’s van lesers, om nie te praat
van die dame in die Kuierkombuis nie.

Koop hom hier


_____________________________________________________

Tienerbybel



Baie kinders lees die Kinderbybel maar ontgroei dit op 'n stadium en omdat daar nie 'n opvolgbybel vir hulle is nie, is die sprong van Kinderbybel na die Bybel te groot. Tieners gaan deur die moeilike tienerjare en dit is juis daardie tydperk wat hul 'n Bybel moet kan lees wat hulle verstaan - en nou is dit juis daardie tydperk wat daar nie so 'n boek is om in hul geestelike behoefte te voorsien nie.

Die Tienerbybel is daar om hulle in voeling te hou met die Skepper en hulle belangstelling verder te prikkel. Hulle sal daarin lees dat die Here hulle liefhet, baie tieners voel soms niemand het hulle lief nie en baie pleeg ook selfmoord. Hierdie versekering dat die Here hulle liefhet moet hulle kan lees sodat dit hulle staande hou.

Op die voorblad is die woord 'INRI". Dit beteken "Die Koning van die Jode". Jesus is vandag ook ons Koning, vir almal oud en jonk. Die Tienerbybel is ook vir almal - oud en jonk.

 

Vrywaring
Die Afrikaanse Nuusagentskap vereenselwig hom nie noodwendig met enige materiaal wat hier gepubliseer word nie.

Werfkaart