TERUG

| Naam: |
Moord op die Spyskaart |
|
| Outeur: |
Karel Kitshoff |
|
| Uitgewer: |
Afrikaanse Nuusagentskap |
|
| ISBN-nommer: |
|
|
| Jaar van publikasie: |
2008 |
|
| Prys van e-boek: |
R 72.55 |
|
| Boekklublede: |
R 58.05 |
|
| Prys van gedrukte boek: |
R 150.95 + posgeld |
|
| Boekklublede: |
R 120.76 + posgeld |
|
| Aantal bladsye: |
104 |
|
| Grootte van e-boek (KGreep): |
678 |
|
Kort opsomming
Moord op die Spyskaart is 'n bundel kortverhale wat een ding in gemeen het - keurige geregte of edelwyn wat gebruik word om op 'n vernuftige manier moord te pleeg. En dit te verdoesel. Die verhale se verteltrant wissel van spanningsvol tot amper lighartig; van moorde wat met elegansie gepleeg word tot dade wat 'n mens laat gru. Die leser speel saam speurder om uit te vind wat in die koppe van die moordenaars aangaan - en word telkens verras deur 'n ongewone kinkel in die slot. En terselfdertyd leer 'n mens sommer ook interessante feite oor kosmaak en drank! Moord op die Spyskaart is 'n nuwe genre in Afrikaans Enigeen wat lief is vir 'n goeie nagereg in 'n uithaler restaurant of wat daarvan hou om 'n vleisie oor die kole te braai, of wat van 'n slak-voorgereg hou - of wat daarvoor gril! - of wat goeie wyn geniet, sal elke storie uiters aptytwekkend vind. Dit bied spanningskortverhale wat lekkerleeskos vir die fynproewer van ligte leesstof is.Karel Kitshoff is die skuilnaam van 'n ervare joernalis, radiomens, taalmens en veelsydige skrywer van Johannesburg. |
_________________________________________________________________
Onthou: Jy kan hierdie boek of e-boek
ook as 'n geskenk vir iemand stuur.
Voltooi asb die vorms hieronder, al stuur jy dit vir jouself.
Plaas die e-boek en/of boek in jou koopmandjie.
Jy kan soveel inlaai soos jy wil.
Klik enige tyd op "Besigtig jou mandjie" om te sien wat jy het.
Jy kan dan die bestelling plaas en betaal of met jou inkopies voortgaan.
_________________________________________________________________
Koop e-boek
Koop gedrukte boek
Klik enige tyd op My
Mandjie hierbo om die bestelling te plaas en
te betaal.
|