TERUG
Die Roos van
Ruimtevlei.
'n Huldigingsbundel aan H.S. van Blerk.

Hierdie bundel huldig H.S. van Blerk, ‘n vrugbare skrywer
wat sy debuut reeds in 1948 gemaak het. Die skrywer wat by
die ter perse gaan van hierdie boek 91 jaar oud is, moes toe hy
in standerd ses was as die seun van ‘n werklose vader uitspring
om te verdien. Hy het eers toe hy as lid van die Ossewabrandwag
in die stormagtige jare van die Tweede Wêreldoorlog in die
gevangenis beland het, geleer dat hy ‘n besondere skryftalent
het. Hy is ter dood veroordeel, maar is na ses jaar vrygelaat. In
sy veelbewoë lewe het hy kennis gemaak met die spoeldelwerye
van Lichtenburg, as mynwerker sy brood aan die Rand verdien, hy
het hout aangery uit Marico, rioolslote in die Goudstad gegrawe
en die elende van werkloosheid tydens die Depressie leer ken.
Hierdie kortverhale
is kwalik verteenwoordigend van sy uitgebreide oevre wat van
hom ‘n erkende en gerekende Afrikaanse skrywer
gemaak het. Dit bied egter tog ‘n indruk van die talle
invloede wat hom as mens en skrywer help vorm het – of wat
hy soms moes weerstaan het. Dit bied ook ‘n perspektief
op sy veelsydigheid as skrywer. H.S. van Blerk het buiten
honderde kortverhale, ook meer as dertig romans, jeugverhale en
feitelike boeke oor die Slag van Majuba en ander Afrikaner volksgeskiedenis
op sy kerfstok. Die Roos van Ruimtevlei is leesvreugde op
sy beste!
Leergebinde eksemplaar: R475.00 + posgeld.
Boeklublede: R380.00 + posgeld.
Hardeband: R375.00 + posgeld.
Boekklublede: R300 + posgeld.
Aantal bladsye: 231
_________________________________________________________________
Onthou: Jy kan hierdie boek ook
as 'n geskenk vir iemand stuur.
Voltooi asb die vorms hieronder, al stuur jy dit vir jouself.
Koop leergebinde boek
Koop hardeband
boek
Klik enige tyd op My
Mandjie hierbo om die bestelling te plaas en
te betaal.
|