Die Afrikaanse Nuusagentskap is 'n geregistreerde handelsmerk van Stone Buttress (Edms) Bpk. Vyftig persent van die aandele in Stone Buttress (Edms) Bpk word gehou deur Ateksana (Edms) Bpk. Die ander vyftig persent word deur privaat persone besit.

Voorsitter van die direksie: Willem Smit


Ons Missie:

Ons bevorder Afrikaans wêreldwyd deur

  • Verpersoonlike groetekaartjies van uitstaande gehalte namens klante aan hul geliefdes, vriende en kennisse wat hulle aanwys, te pos en sodoende welwillendheid te bevorder.
  • E-boeke van hoogstaande gehalte uit te gee en sodoende leeslus te prikkel en volwassenes en kinders selfs nog liewer vir Afrikaans te maak.
  • Skrywers aan te moedig om goeie boeke teen gepaste vergoeding in Afrikaans te skryf om sodoende meer Afrikaanse skrywers te kweek.

Want

  • Ons weet daar is ander mense wat Afrikaans net so lief het as ons.
  • Ons wil wins maak sodat ons ook ander projekte te wille van Afrikaans kan aanpak.